Ek sou my regterhand gee om dubbelhandig te wees.
As jy by 'n vurk in die pad kom, vat hom.
Mens kan nogal baie opmerk as jy bloot kyk.
Niemand gaan meer soontoe nie. Daar's te veel mense,
Ek kan nie konsentreer as ek dink nie.
Die toekoms is nie meer wat dit was nie.
Ek verseg om 'n ensiklopedie vir my kinders te koop. Hulle kan ook sommer net skool toe stap, soos ek gemaak het.
Ons het verdwaal, maar ons vorder vinnig.
Die helfte van die leuens wat hulle oor my vertel is nie waar nie.
'n Stuiwer is deesdae ook g'n duit meer werd nie.
Dis soos deja vu - presies dieselfde storie.
Mev. Lindsay: "Jy lyk regtig cool". Yogi Berra: "Dankie - jy lyk self ook maar nie vuurwarm nie."
As die wêreld volmaak was, sou dit nie wees nie.